News & Events

to satisfy the curious people

DIE VELDSLAG VAN VERSNITTE!

Registreer nou vir die 32ste jaarlikse Blaauwklippen Versnit-kompetisie

Alle lede van wynklubs en verenigings word genooi om in te skryf vir hierdie unieke kompetisie. Vanjaar is dalk net die jaar wat jy as wenner van hierdie 32ste jaarlikse Blaauwklippen Versnit-kompetisie aangewys word wanneer jou wenversnit onder die Blaauwklippen Barouche-etiket in ʼn Magnum (1.5l) gebotteleer en verkoop sal word.

Al die versnitte van die individuele klubs/wynverenigings sal teen mekaar deelneem met die beste vier as finaliste. Hierdie vier finaliste word na Blaauwklippen genooi waar die wenner tydens ʼn toekenningsgeleentheid, wat deur uitgesoekte gaste en media op 4 September bygewoon word, aangekondig sal word.

BELANGRIKE DATUMS:
Registreer aanlyn (www.blaauwklippen.com) vanaf 2 April 2015.
Registrasie en registrasiefooi betaalbaar teen 30 April 2015.
Geskenkpak word aan jou gestuur of is reg om opgetel te word op 11 Mei 2015.
Resepte moet Blaauwklippen teen 19 Junie 2015 bereik.
Semi-finaal en finale proeë word by Blaauwklippen op 15 Julie 2015 gehou.
Toekenningseremonie waar wenner aangewys word by Blaauwklippen op 4 September 2015.

In die gees van Blaauwklippen se 333ste verjaarsdag vanjaar daag ons jou uit om ʼn ernstige en komplekse Bordeaux-versnit wat die toets van die tyd sal deurstaan, te maak. Hierdie versnit moet die volgende vyf wyne insluit: Cabernet Franc 2014, Cabernet Sauvignon 2014, Malbec 2013, Merlot 2014 en Petit Verdot 2014.

Al hierdie wyne is geoormerk vir die Blaauwklippen Vineyard Selection-reeks en het ʼn variasie van houtveroudering ondergaan. Al vyf dié klassieke Bordeaux-kultivars moet in die finale versnit gebruik word. Die Cabernet Franc en Malbec word beperk tot 15% van die totale versnit.

Elke deelnemende klub ontvang ʼn 750ml bottel van elk van hierdie vyf wyne saam met ʼn plastiek maatsilinder, die reëls van die resep en ʼn inskrywingsvorm van die resep.

Alle resepte moet aanlyn ingehandig word (www.blaauwklippen.com) teen Vrydag, 19 Junie 2015.

Koste: R200 vir die geskenkpak (wyn en silinder), vervoer uitgesluit.

Share This: